Jakobus V van Skotland

Jakobus V
Koning van Skotland
Jakobus op sowat 25 jaar.
Dinastie Stuart
Bewind 9 September 1513 – 14 Desember 1542
Gebore (1512-04-10)10 April 1512
Linlithgow, Skotland
Gesterf 14 Desember 1542 (op 30)
Fife, Skotland
Voorganger Jakobus IV
Opvolger Maria I
Gade van Madeleine van Valois (1537)
Maria van Guise (1538–'42)
Kinders Maria I
Vader James IV
Moeder Margaret Tudor

Jakobus V (10 April 1512 – 14 Desember 1542) was van 9 September 1513 tot met sy dood koning van Skotland. Sy enigste oorlewende wettige kind, Maria I, het hom opgevolg toe sy net ses dae oud was.

Hy was die seun van Jakobus IV en sy vrou, Margaret Tudor, ’n dogter van Hendrik VII van Engeland. Hy was die enigste wettige kind van sy pa wat ’n volwasse lewe bereik het. Hy het op 17 maande koning geword toe sy pa op 9 September 1513 in ’n veldslag gedood is.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search